NamLamb-geleentheid

Henties · 21 Oktober

Maak kennis met die produsente wat op 21 Oktober hul lam en hul plaas se storie Henties toe bring.

Ons deelnemende produsente

Die mense agter die lam.

Maak ’n profiel oop om die deelnemer se storie, herkoms, skaapras en goedgekeurde foto’s en video te sien.

Andries Steenkamp

HNT-2026-001

Andries Steenkamp

Wit Dorper · Langerus (Steenkamp boerdery trust) · Gochas

Kalahari (vrede op n rooi duin)

Dis lekker om in die kalahari te boer met dorpers dis gesonde wereld vir skaap en jou siel Die kalahari moet jy met respek hanteer en nie oor bewy nie dan sal hy mooi na jou skaa…

Eduard Spies

HNT-2026-006

Eduard Spies

Dorper/persie kruising · Driekop, Aranos, Hardap

Ek is in 2001 gebore en het in Windhoek groot geword. Van kleins af was die plaas ’n groot deel van my lewe. My pa het ’n plaas gehad, en gedurende my skooljare het ons oor naweke…

Hannes Agenbach

HNT-2026-008

Hannes Agenbach

Dorper · Agenbach Dorpers · Aranos

Geteel vir die Kalahari

Agenbach Dorpers – Gewortel in die Namibiese veld Op Plaas Vreda in die Aranos-distrik word daar reeds sedert 1995 met passie en toewyding geboer. Die plaas en die Namibiese vel…

Koos Briedenhann

HNT-2026-013

Koos Briedenhann

Damara Skaap · BUFFELHOEK · Otjiwarongo. Namibia

"Herlewing van die Omgewing: Bou aan veerkragtige uitnemendheid vir môre."

Koos Briedenhann bedryf die familieplaas, Buffelhoek, saam met sy familie naby Otjiwarongo in die sentraal-noordelike streek van Namibië. Diep gewortel in 'n familie-agtergrond van…

Wanneer

21 Oktober 2026

Woensdag · opstel vanaf 07:00 · beoordeling om 16:00.

Waar

Hentiesbaai Gholfklub

Die NamLamb-lambraaikompetisie vind by die Hentiesbaai Gholfklub plaas.

Saam met

Boere Visvangkompetisie

Een geleentheid waar NamLamb en die boeregemeenskap saam sigbaar is.

NamLamb-lambraaikompetisie 2026

Kom braai jou eie lam in Henties.

Nog net ’n paar plekke oop!Inskrywing is gratis en beperk tot die eerste 30 geldige inskrywings. Jy kan nou die aanlyn vorm hieronder gebruik; die papier-vorm bly beskikbaar as alternatief.

Hoe skryf ek in?

  1. Gebruik die aanlyn inskrywingsvorm hieronder, of laai die papier-vorm af en vul dit in.
  2. Verskaf die braaier en assistent se name, die lam se ras, plaasnaam en streek, selfoonnommer en e-posadres.
  3. NamLamb hersien die inskrywing en bevestig jou plek via WhatsApp of e-pos. Ná bevestiging kan jy jou storie, foto’s en video privaat oplaai.
Laai inskrywingsvorm af (Word)E-pos Hannes: agenbach@namlamb.com.na

Heg jou voltooide vorm aan jou e-pos. Inskrywings sluit op 30 September 2026.

Belangrik voor jy inskryf: Lees eers die kompetisie se reëls en voorwaardes.

Open reëls en voorwaardes

Aanlyn inskrywing

Skryf nou in vir 21 Oktober

Vul dieselfde kerninligting as op die papier-inskrywingsvorm in. NamLamb hersien jou inskrywing en bevestig jou plek voordat jy verdere materiaal kan laai.

Die dag se program

Wat moet jy saambring?

Krag en sentrale waterpunte sal voorsien word.

Reëls en voorwaardes

Beoordeling en kwalifikasie

Onafhanklike beoordelaars beoordeel die lammers. Die eerste drie plekke kwalifiseer om in 2027 saam met die Namibiese NamLamb-span teen die Lamb Champs-span in Suid-Afrika deel te neem.

Kontak NamLamb

Deel die geleentheid

Laat mense weet van 21 Oktober.

Deel op WhatsApp