Oor NamLamb

Namibiese lamsvleis. ’n Verhaal wat verder moet reis.

NamLamb is ’n produsente-inisiatief met die doel om Namibiese lamsvleis sy regmatige plek onder die wêreld se beste voedselhandelsmerke te gee.

Ons doel

Ons bou ’n handelsmerk wat herkoms, gehalte en verantwoordelike produksie met verbruikers verbind. NamLamb skep groter vertroue in die produk en groter waarde vir die produsent.

Gebore uit Namibië

Ons land, natuurlike weiding en mense is deel van elke verhaal wat NamLamb vertel — van die plaas tot by die wêreld se tafels.

Lees ons verhaal