NAMLAMBGEBORE UIT NAMIBIËGoedgekeurde Henties-deelnemer
Eduard Spies
Dorper/persie kruising · Driekop, Aranos, Hardap
HNT-2026-006
Eduard Spies
Die deelnemer se storie
Ek is in 2001 gebore en het in Windhoek groot geword. Van kleins af was die plaas ’n groot deel van my lewe. My pa het ’n plaas gehad, en gedurende my skooljare het ons oor naweke daar geboer. Dit is waar my liefde vir die plaaslewe, natuur en diere begin het. Nadat ek skool klaargemaak het, het ek na ’n plaas naby Aranos verhuis, waar ek vir ongeveer vyf jaar as plaasbestuurder gewerk het. Hierdie tyd het my baie geleer en my liefde vir boerdery net verder laat groei. Daarna het ek teruggetrek Windhoek toe en in die finansiële sektor as ’n finansiële risiko-spesialis begin werk. Alhoewel my werk my besig hou, bly boerdery en die natuur ’n groot deel van my lewe. Vandag boer ek en my broer op die plaas wat ons as kinders groot geraak het op, en ek probeer steeds soveel moontlik betrokke wees by die plaas en die natuur. Ek het ook my jaggids-kwalifikasie voltooi en is op my eie manier betrokke by die jong jaggemeenskap. Vir my is die plaas meer as net werk - dit is ’n deel van wie ek is en waar my passie lê.
Foto’s en video’s
Goedgekeurde ekstra materiaal verskyn hier.