NLNAMLAMBLAMB CHAMPS Lamb Champs
Hannes Agenbach

NamLamb · Lamb Champs Invitational 2026

NL-RSA-02

Hannes Agenbach

Agenbach Dorpers · Aranos

Dorper

Geteel vir die Kalahari

Agenbach Dorpers – Gewortel in die Namibiese veld Op Plaas Vreda in die Aranos-distrik word daar reeds sedert 1995 met passie en toewyding geboer. Die plaas en die Namibiese veld het oor baie jare ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van ons kennis, ervaring en liefde vir skaapboerdery. In 2022 het Agenbach Dorpers as ’n formele Dorperstoet ontstaan. Die doel is om sterk, aanpasbare en produktiewe Dorper-genetika vir die Namibiese toestande te ontwikkel. Ons fokus op eienskappe soos vrugbaarheid, groei, goeie karkasgehalte, gehardheid en die vermoë om onder natuurlike veldtoestande te presteer. Deur verantwoordelike bestuur, goeie voeding, dieregesondheid en voortdurende seleksie streef ons daarna om diere te teel wat nie net mooi is nie, maar ook prakties en winsgewend in ’n kommersiële skaapboerdery kan funksioneer. Elke dier word met sorg en aandag bestuur, en ons glo dat goeie genetika uiteindelik op die veld bewys moet word. Ons doel is om Dorper-skape te lewer wat by Namibië aangepas is en ’n positiewe bydrae tot die land se skaap- en vleisbedryf kan maak. As mede-stigters van NamLamb glo ons ook in die groter potensiaal van Namibiese lamsvleis. Deur Agenbach Dorpers en NamLamb wil ons help om die gehalte, oorsprong en unieke waarde van Namibiese skaapvleis aan plaaslike en internasionale markte bekend te stel. **Gebore uit Namibië. Grootgemaak deur die natuur. Gedeel met die wêreld.**

Goedgekeurde NamLamb-media

Die storie in beeld.

Hannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb ChampsHannes Agenbach — NamLamb Lamb Champs